Elkeen weet dat hulle eendag gaan sterf, dit is onvermydelik. Dit is ‘n moeilike onderwerp om oor te gesels vir baie mense en die dood bring gewoonlik hartseer wanneer dit genoem word. Dus, moet mense besef dat hulle of ‘n geliefde enige gegewe oomblik kan sterf. Niemand kan regtig gereed maak vir die afsterwe van ‘n geliefde nie, maar waarvoor jy wel gereed kan maak is die finansiële aspekte daarvan.
Besef jy hoe duur het dit geword om ‘n geliefde te begrawe of veras? Niks in die lewe is goedkoop nie, maar mense sal lewenspolisse uitneem en duur premies aan dit betaal hul lewe lank. Hoekom dan nie ‘n begrafnispolis kry teen ‘n klein bedrag ‘n maand nie?
Ja, jy kan ‘n begrafnispolis uithaal vir jou en jou familie teen ‘n klein bedrag per maand. Dit sal die finansiële las van jou geliefdes se skouers afhaal indien jy of iemand in jou familie sou sterf. Wanneer ‘n persoon nie ‘n begrafnisplan het nie, sal die naasbestaandes die rekeninge van ‘n bedrafnis moet dek.
Die beste tyd om begrafnisdekking uit te neem, is sodra jy ‘n inkomste begin verdien. Dan kan jy bepaal hoeveel jy het om te spandeer op ‘n polis en een uitneem. In die toekoms wanneer jy ‘n gesin begin, kan jy elke lid ook op jou plan byvoeg. Meeste begrafnispolisse betaal jy nie lewenslank ‘n premie nie, daar kom ‘n tyd wanneer jy opbetaal is en dan het jy die dekking in plek as iets sou gebeur.
Met begrafnisplanne kan jy selfs jou uitgebreide familie dek en ook voorsiening maak vir jou huiswerker of tuinjong. Jy kan tot en met die ouderdom van 65 ‘n begrafnispolis uitneem (na die ouderdom van 65 is daar sekere voorwaardes).
Begrafnispolisse dek alles rakende die begrafnis en baie versekeringsmaatskappye bied verdere voordele soos lugtyd vir organisering van begrafnis, vervoer van familie ensovoorts. Al die reëlings word deur jou begrafnisondernemer gedoen, hulle vereis net jou hulp met insette soos grafsteen ensovoorts.
Kliek op Hollard, Assupol of Clientele hierbo indien jy meer wil weet.
Indien jy wil aansoek doen vir gratis kwotasies, kliek op ‘n banier en vul jou besonderhede in. Jy sal via foon or e-pos kwotasies ontvang. Maak gebruik van die agent om die beste premie vir jou en jou gesin te vind.