Santam Motorversekering

U motor is ‘n onontbeerlike deel van u lewe. Maak seker dat dit voldoende beskerm word teen skade, verlies, eise van derdepartye en ander risiko’s met die regte motorversekering.

Hierdie dekking is vir enige motor, ligte afleweringsvoertuig, motorfiets, sleepwa of woonwa.

Dekkingopsies sluit in:

Omvattend: per ongeluk verlies van of skade aan u voertuig, insluitend bedrae waarvoor u wettiglik aanspreeklik (liability) is teenoor ‘n derde party indien die aanspreeklikheid op die voertuig betrekking het.
Beperk (brand, diefstal en kaping): per ongeluk verlies van of skade aan u voertuig, slegs as die verlies of skade veroorsaak word deur brand, weerlig, ‘n ontploffing, diefstal of kaping, poging tot diefstal of kaping, en bedrae waarvoor u wettiglik is aanspreeklik teenoor ‘n derde party as die aanspreeklikheid op die voertuig betrekking het.
Slegs derdeparty: bedrae waarvoor u wettiglik teenoor ‘n derde aanspreeklik is as die aanspreeklikheid op die voertuig betrekking het.

Omvattende motorversekering bevat, maar is nie beperk nie tot, die volgende voordele:

Die opsie om ‘n voertuig na diefstal of verlies deur ‘n soortgelyke nuwe voertuig te vervang, onderhewig aan die bepalings en voorwaardes;
Die opsie om u voertuig te verseker vir ‘n gewaarborgde waarde;
Vervangingskoste vir slotte, sleutels en afstandbeheer.

Kry laer premies vir minder bestuur

As u minder as 15 000 km per jaar ry? U kan tot 20% bespaar op u motorversekeringspremie met SmartPark ™. Want as u motor meer tyd by die huis spandeer, moet u minder aan u premie spandeer.

Onthou om aansoek te doen vir verskillende kwotasies van verskeie maatskappye, sodoende kan u die regte kar versekering vir u en u huis kry. Begin hier…


Kry Kwotasies vir Motorversekering

Voltooi asb. die onderstaande velde.