Wat is ‘n lening?
Dit is ‘n bedrag geld wat geleen word by ‘n finansiële instansie met die doel om die kontant terug te betaal teen rente. Jy sal eers weet wat die rente op die bedrag geld is sodra daar aansoek gedoen word vir ‘n vinnige of persoonlike lening. ‘n Lening word gesien as skuld (debt), aangesien dit terug betaal moet word aan die instansie waarby die geld geleen is.
Persoonlike lening
Daar is verskillende tipes lenings wat aangegaan kan word, maar die algemeenste lening is ‘n persoonlike lening. Die geld wat in jou rekening kom kan vir enige iets gebruik word soos om skuld af te betaal, iets te koop soos ‘n kar, deposito wees vir iets, herstel werk aan jou huis of motor, studies te betaal en soveel meer. Dit word gebruik vir jou eie privaat rede, solank dit net maandeliks terug betaal word.
Ooreenkoms met lenings
Wanneer ‘n lening uitgeneem word, moet die persoon elke maand die bepaalde bedrag wat ooreengekom is betaal. Die bedrag sluit klaar die rente in en indien nie betaal word nie, kan die finansiële instansie jou oorgee aan ‘n prokereur. Jy kan kies oor hoeveel maande jy die lening terug betaal, dit sal dan jou maandelikse premie bepaal, asook hoeveel rente jy op jou lening gaan betaal. Hoe langer jy vat om die lening te betaal, hoe kleiner is jou maandelikse premie, maar hoe meer is jou rente wat jy terug betaal.
Lenings help ‘n persoon beslis in hul daaglikse lewe, maar dit kom met ‘n prys. Indien jy ‘n lening wil uitneem, kan jy dit hier aanlyn doen.
Ons bied 2 opsies aan waar jy kan aansoek doen vir ‘n lening.
African Bank Lening
Doen aansoek op die blad. Vind net die regte prent en kliek op dit.
F&I Lening
Hier kan jy aansoek doen deur op die regte prent te gaan kliek.