Web Analytics

Hospitaalplanne

  • Daar is elke dag mense wat in ongelukke kom of met ‘n siekte gediagnoseer word. Dit beteken gewoonlik hospitalisering vir behandeling in vorm van medikasie of operasie. Die hospitaal koste kan in die honderde duisende rande beloop, en die meerderheid van Suid-Afrika se mense kan dit eenvoudig net nie betaal nie. Dit plaas baie groot finansiële druk op mense. Dit is waar ‘n persoon moet oorweeg om ‘n hospitaal plan uit te neem.

    ‘n Hospitaal plan is amper soos ‘n mediese fonds skema, behalwe dit dek nie enige mediese kostes buite die hospitaal nie. Dit dek alle kostes wat binne ‘n hospitaal plaasvind soos indien iemand opgeneem word vir ‘n siekte, die behandeling, medikasie, doktersfooie, toetse en die verblyf binne die hospitaal. Indien jy ‘n dokter of tandarts besoek buite die hospitaal, sal daardie koste uit jou eie sak gedoen moet word.

    Hospitaalplanne is goedkoper as mediese fondse en baie mense verkies om net ‘n hospitaal plan te kry, want dit is tog die grootste mediese koste. Mense wil net weet indien daar iets onverwags plaasvind soos ‘n ongeluk of siekte wat hospitalisering vereis, dat die koste gedek sal wees. Om ‘n privaat hospitaal te besoek is baie duur en meeste Suid-Afrikaners kan dit nie bekostig nie. Dit is juis hoekom mense ‘n hospitaal plan uitneem.

    In Suid-Afrika is daar baie versekeringsmaatskappye wat hospitaalplanne aan kliënte voorsien, wat beteken dat jy ‘n bekostigbare plan vir jou en jou gesin sal vind. Elke maatskappy het meer as een hospitaal plan, wat beteken elkeen is goedkoper as die volgende. Jy moet net deur die verskillende opsies gaan en dit met mekaar vergelyk. Kyk watter plan bied vir jou die meeste voordele teen die laagste prys. Baie planne het ‘n bybetaling, maar as jy die bedrag vergelyk met die totale koste van die hospitalisering besoek, is dit ‘n klein bedrag.

    You Are Here: Home » Afrikaans » Hospitaalplanne