Mediese koste in Suid-Afrika is vreeslik duur en dit is ongeluk so dat siekte onverwags kan voorkom of ‘n ongeluk gebeur. Die trauma van so ‘n situasie moet nie vererger word deur stres van hoe die mediese koste gedek gaan word nie. Dit is waarvoor mediese fondse daar is.
Wat is ‘n mediese fonds skema?
‘n Mediese skema is soos ‘n versekeringspolis, behalwe dit is spesifiek ontwerp om uitgawes van mediese besoeke te dek. Wanneer jy aansoek doen, en jy aanvaar ‘n kwotasie, sal jy elke maand stip die premie moet betaal soos ooreengekom in jou kontrak. Dit sluit in dokters besoeke, medikasie koop, spesialis besoeke, hospitaal besoeke/fooie en soveel meer. Met ‘n mediese fonds in plek kan jy maar verseker wees dat die grootste deel van jou mediese koste gedek sal wees. Daar sal wel bybetalings wees by sekere plekke, soos hospitale, maar dit sal die kleinste gedeelte van die fooi wees om te betaal.
Daar is baie verskillende mediese fonds maatskappye in Suid-Afrika, soos Bonitas, so die kanse om ‘n goedkoop mediese skema te kry is goed.
Om die goedkoopste skema te kry sal jy ‘n kwotasie van elke plan van elke maatskappy moet kry. Dit kan baie tydsaam wees en lugtyd kos om te bel, maar hier kan jy aanlyn aansoek doen en daar word jou gekontak via e-pos of telefonies met gratis kwotasies en bystand. Jy kan dan rustig deur elke skema gaan en die verskillende voordele teen mekaar opmeet, asook die pryse.
Maak seker jy is gedek teen die onverwagte en wees gerus indien dit nodig is.
Maatskappye om te oorweeg:
Indien jy belangstel in meer versekering soos begrafnispolisse, kliek op die skakel.